Alle Regte Voorbehou: Tania Bisset & Radio Tygerberg
Storm Waarskuwing...
Psalm 29:10-11
Kyk, ek weet nie van jou nie, maar ek weet nie net van storms nie, ek ken storms!
Storms is gevaarlik! Storms dreun, niks sag en stil aan n storm nie! n storm bring soveel onsekerheid! N storm bring vrees...Die enigste positiewe ding van n storm is soms, net soms, is hulle voorspelbaar! Net soms, onthou! Soms verras n storm jou en dis of jy wakker word in die middel van n wrede droom...
Soms kom n reuse storm soos n orkaan jou kant, en vir kom ons noem dit dae..het jy darem kans om jouself hierop voor te berei. (dit alleen is groot genade weet dit in die storm!) Jy doen dan alles om net “uit die pad”van die storm te kom, jy probeer om die verwoesting te systap wat jy weet oppad is... jy weet die storm is oppad!
Dalk is jy vandag die persoon wat my verseker weet, daar is n storm oppad en dit is seker, nie miskien nie...Weet dit: indien jy in doelbewuste sonde vasgevang is, n verkeerde verhouding dalk, dalk volhard jy in n sonde keer op keer op keer..dalk sukkel jy met selfbeheersing...dis alles storm waarskuwings! Die vraag wat jy dan jouself moet afvra is doodeenvoudig dit: wat of wie veroorsaak die verwydering tussen jou God Jesus en die Heilige Gees?
Storm waarskuwings is natuurlik wonderlik, dit gee jou kans dus om uit die storm gevaar te kom, betyds, voor die storm arriveer! Kind van God, kom uit die pad van die storm! Ek weet regtig nie van een persoon wat doelbewus wil suffer nie! Le alles nou neer voor Jesus, alles wat in die pad van die Verwoester staan...
Glo my vandag uit eerstehandse ervaring, die Here alleen sal jou die krag gee, die sterkte in Hom om elke issue, dag vir dag, een op n slag aan te pak en uit te skei uit jou lewe uit!
Wanneer jy moeg en bang word, dis natuurlik moenie dit ontken nie!, onthou jy kan antwoorde vind alleen by Hom in tye van diepe intimiteit. Sit jou geloof IN HOM Alleen!
Wanneer jy begin uitfreak oor alles wat verkeerd gaan, trek jouself stwyer en nader in en teen die Here en herinner jouself dat Hy alleen jou veilige vesting en skuiling is, Hy is die Rots, anker in Hom met geloof hoop liefde. Glo my, Hy sal jou met Sy vrede seen wat alle verstand te bowe gaan wanneer jy dit doen!
Kom ons bid saam
“Ons Vader, vir sommige van ons is daar storm waarskuwings, vir ander het die orkaan getref, vir ander o Vader is die Verwoester reeds in volle golflengtes hoog wyd en ver oppad om te kom verwoes...O Here Jesus ek bid vir elke mens wat n storm in die oog kyk wat getref is deur n orkaan, hulle wat storm waarskuwing seine kry van U, O Here wees die Redder, die Rots vir elkeen, o Here ek bid laat hulle sterkte in U gevind word, ek bid dat hulle sal wil anker op U die Rots met toue van geloof hoop liefde sal anker in U en o Here wees die Jesus wat ook vir hulle die storm vandag stilmaak in Jesus Naam soos U alleen kan..net as U wil Here bid ons dit in Jesus Naam...Heilige Gees, wees U die seile wat elke lewensbootjie laat seil, en wees die wind wat die bootjie stuur na n veilige plek in Jesus met Sy vrede dit vra ek in Jesus Naam Amen.
No comments:
Post a Comment