Alle Regte Voorbehou Tania Bisset & Radio Tygerberg:
8. WAT TELEEURSTELLINGS VIR ONS OPENBAAR!
Psalm 62:5-8
Angs is n emosie wat baie dinge vernietig, veral vertroue! Glo my vertroue kan nie teenwoordig wees waar n hart vol angs is nie. ek onthou n tyd in my eie lewe toe my hart donker en vol angs gevul was in n plek van woede.
Ironies het ek in daai tyd gewonder wat het van die vrou geword wat die Here so liefhet en wie se vreugde so aansteeklik is! Ek het soos n totale mislukking gevoel, so het ek myself een nag leeg omgekeer uitgekeer voor die Here in die donker! Ek het uitgeroep deur trane “Here, hoekom is ek so vol angs, so vol van woede, Help Here ek voel ek verloor myself! Praat asb met my hart Here hier in die donker...”
Weet jy... daar in die donker sonder n titsel lig antwoord die Heilige Gees my: “jy is kwaad en vol angs omdat jy My nie vertrou nie! Jy het jou eie verwagtinge geskep, daai onvervulde verwagtinge van jou het in teleurstellings ontvou, die teleurstellings het ontvou in frustrasie en frustrasie het woede geword!”
Glo my ek hard gedink oor die harde woord fluistering van die Heilige Gees! Ek het besin oor alles wat ek kon aan dink wat sou reflekteer as bron van frustrasie en woede! Weet jy wat? Die Heilige Gees was reg! So reg! Ek kon elke insident track na n onvervulde verwagting! – hoe ek gedink het dinge sou uitwerk! Hoe ek gedink het n verhouding sou wees! Hoe ek gedink het n besigheid sou lyk! Sien jy die prentjie soos ek dit gesien het, so duidelik!?
Heeltyd het ek myself vertel ek wil wat God wil, maar in realiteit wou ek dat God Sy wil vervul volgens my eie hoop en gedagtes!
Vra die Here jou vandag dalk op hierdie oomblik om jou bang beangste greep los te maak ten opsigte van jou eie onvervulde verwagtinge?
Kan ek jou vra, wil jy nie vandag God toelaat om jou opnuut te vul met hoop, drome en verwagtinge...hoop drome en verwagtinge volgens die verwagting wat Hy vir jou, jou lewe het?
Kom ons bid saam “ Ons Vader ons kom na U toe, dankie vir U genade U liefde U geduld met ons wanneer die pad lank word en ons moeg word langs die pad..O Here, ons gee U vandag al ons teleurstellings, angs, woede wat spruit uit hoop wat ons geplaas het op onsself en nie in U nie..vergewe ons Here ons selfsugtige harte en dade! Here vul ons vandag met nuwe hoop, nuwe drome, nuwe verwagtings wat in U gesetel is, wat U vir ons hoop en droom vir ons lewe in U deur U en tot U alleen in Jesus Naam Amen.
Tania Bisset
No comments:
Post a Comment