Vii Pillars Ministry www.viipillars.co .za click here for website

Sunday, July 24, 2011

n Slang n Paal en so klein bietjie geloof...


Alle Regte Voorbehou: Tania Bisset & Radio Tygerberg:


1.     N SLANG N PAAL EN SO BIETJIE GELOOF...
Numeri 21:7-9

Wanneer ek en jy n negatiewe houding inslaan & klakouse word is dit vir God n ernstige toestand van ons siel. Onthou jy nog die kinders van Israel se stil gekla? Hulle het in die geheim gekla en dan hulle klagtes na Moses toe gebring & na die Here. Wat was die klagtes? Hulle het gevoel die Here het hulle in die woestyn ingelei met min water en kos.Hulle het die manna, wat voorsiening van die Here was, daai toets gepluk loshande! Die merk het hulle net daar gemis, want die Here was besig om te voorsien vir hulle, dag vir dag, tree vir tree... Die Here het geweet Hy wil hul lei na die Beloofde Land toe en tog bly hulle kla, kla, kla...

In my en jou lewe, kan die lewe ons ook woestyn tye toedien. Dit is dan wat ek jy meer as ooit moet weet: God is genoeg. Jesus is met ons, ook in die woestyn. Hy sal vir ons die manna vir elke dag voorsien, ons moet net kies om Hom kinderlik roekeloos te vertrou...die sleutel wat vir ons die deur uit die woestyn tye gaan oopsluit, is om nie klakouse te word nie!

Beleef jy tans n woestyn tyd in jou lewe?  in jou huis?  by jou werk ? in n verhouding?  n huwelik ?  finansieel ?  is jou gesondheid dalk tans n woestyn met siekte en kanker,dalk n geestelike woestyn...?  Vir jou wil ek vandag vrymoedig deel: God het n plan om jou deur hierdie woestyn van jou lewe te kry, van punt A wat jy tans sien, na punt B wat jy glad nie kan sien nie deur die rook kolom wat jou oorweldig, sodat jy nie sy teenwoordigheid raaksien nie...

Verseker, is dit nie n maklike reis deur  die woestyn nie. Ek wil jou waarsku en jy weet dit ook baie goed, dis in die tyd - die uur in die woestyn, wat jy baie geloof en moed nodig het... ja, wanneer dit voel of jy  juis dan daarvan die minste het!  Glo my ek het n hele paar woestyne in my eie lewe getrotseer en God het my anderkant by punt B wel uitgekry. Tans kyk ek nog een keer n woestyn in die oog...die verskil is hierdie keer bewe ek nie.Hierdie keer kies ek om uit te styg bo wat ek voel...ek kies om te bid “Here gee my meer geloof dit voel of myne min is...” en ek bid “Here, gee my meer moed, dit voel of ek my moed verloor” en jy sien die oomblik wat ek Hom ken in my woestyn reis Hy saam en word die reis draagbaar want : ek en jy is nie alleen in die woestyn nie. Nee ons is alleen in die Een Alleen wat ons veilig deur die woestyn kan laat reis, in Sy Hand.

Natuurlik is en mag jy, en ek, teleurgesteld wees wanneer dinge nie uitwerk soos ons dit beplan het nie. Moet asb net nie klakous word rondom dit nie! Deur te kla spoeg jy gif soos n slang, en dit word n lang slang van verwoesting terwyl jy seil op jou maag deur die woestyn!  Om te kla vernietig nie net jou verhouding met God Jesus en die Heilige Gees nie. Nee, dit kring ver en wyd, vernietig ook verhoudings: jy en jou huis, jou familie,vriende, werk kolegas en so gaan dit aan en aan...kies om vandag die gif wat mens kla noem te vernietig in die Een wat jou  geloof en moed gee, in Hom om deur die woestyn te stap, met geloof en moed, in Hom deur Hom en tot Hom.

Dink gou daaraan: Die Here het laat Moses n Brons paal opsit met n slang. Elke keer wanneer iemand gebyt is kon hul daarna kyk, genees wees van die byt en onthou dat God vir hulle voorsien het en dat Hy hul Geneesheer was.

Vandag herinner ek jou en myself , daai brons paal met die slang embleem is nog steeds die universele merk vir genesing vandag. Jy sien God verander nie , Hy is gister vandag en more, dieselfde. Hy is en bly jou voorsiener, jou geneesheer. Ook nou in 2011 in die woestyn...

Kom ons bid:  “ons Vader dankie vir U Seun Jesus wat vir ons die prys betaal het, dankie Jesus, dankie  Jesus ons is nie alleen in die woestyn nie, U, Die Een Alleen, wat ons Voorsiener en Geneesheer is, die Groot Ek is...is met ons, nou...en dit God: is genoeg manna vir ons vandag. Heilige Gees haal nou asem met nuwe vars manna oor elkeen wat nou luister en in n woestyn is iewers... Amen”


Tania Bisset 
www.viipillars.co.za

No comments:

Post a Comment