Vii Pillars Ministry www.viipillars.co .za click here for website

Sunday, July 31, 2011

Spring Oor Daai Muur....

Alle Regte Voorbehou: Tania Bisset & Radio Tygerberg


SPRING OOR DAAI MUUR...
Psalm 18-28-30

Wanneer jy voel jy  het meer as genoeg gehad, en jy net wil hardloop na die naaste werkverskaffingsburo, kan ek jou vra, doen jouself n guns, stop net daar en dan en bid eers. Laat die Here toe om vir jou die deure vir Sy plan met jou lewe oop te maak. Ek het ontdek dat wanneer die deure oopgemaak word deur Hom sal jy  ontdek wanneer die deur oopmaak dis eintlik lankal se hartsbegeertes... gaan vir dit dan!

Dalk is jy een van daai mense wat voel jy maak n verskil in die korporatiewe sektor by jou werkplek en jy doen dit soveel beter as om bv voltyds in n kerk of kerk kantoor te werk, wel, niks fout daarmee nie! Ons almal moet n verskil maak waar God ons plaas hetsy dit  in n kantoor is, op n sportveld, of in bediening, waarookal Hy jou plaas.

Jy wat in daai werkplek nou sit en luister, in  jou kantoor, jy wat nou in jou kar ry oppad na n korporatiewe afspraak, besef jy vandag jy, ja jy, is n lamp wat vandag moet lig skyn in n donker wereld/donker plek. Jy is n Lamp wat die Heilige Gees vandag wil gebruik om die Lig van Jesus deur te skyn. Dalk is jy die enigste persoon tussen n groep wat God kies om iemand te vertel van Sy Goedheid...dalk is jy vandag die enigste Bybel wat iemand lees wat jare laas voete in n kerk gesit het omdat hy of sy beseer is tussen die vier mure wat ons kerk noem... Dalk is jy die enigste stukkie geloof hoop liefde vir iemand vandag om vas te gryp...

So? Dit is tyd! Tyd om oor die muur te spring! Vra vandag vir God om jou te help, ook met fyn onderskeiding vir wat in ander lewens aangaan om jou, sodat jou lewe in Hom deur Hom tot Hom n impak sal kan uitoefen wat verandering kan bring blywend en ewigheidswaarde het...

Glo my die Here het n kosbare bediening van Hom aan my toevertrou, ek is passievol daaroor om hoop te deel met hoop& moed verlore mense! Glo my ek sien daagliks hoe daai droe bene wat geraamtes was al weer begin lewe agv die strome lewende water wat Hy net laat vloei deur my! Wat n voorreg dankie Here!

Kan ek jou vandag uitdaag? Wanneer die Heilige Gees begin werk en daar kom vandag verlore siele ingemars in jou kantoor, op jou lewenspad waar jy jou ookal hierdie dag bevind...sal jy bereid wees om hulle braaf en met moed te beraad en te lei in die waarheid van God se Woord, wie Jesus is, dit vir hulle wys, dit hulle laat beleef deur die krag van die Heilige Gees, sal jy Sy instrument wees vandag?

Ek wil jou herinner vandag, net soos wat die Here vir Joshua belowe het dat oral waar Hy sy voete sit, sal God hom land gee. Net so is daai belofte vandag my belofte, jou belofte.

Kom waag dit vandag, toe! Sit daai voete uit by jou werkplek en skud daai plek vir Jesus!

Kom ons bid: “ Ons Vader, dankie vir die dag wat ons uit genade en liefde, uit U hand en U hart ontvang het! Ons omarm die dag met geloof hoop liefde! Ons stel onsself in U diens tot diens net waar U wil vandag Here Jesus! Deur U Heilige Gees lei ons in Gees en waarheid om U lig te skyn vandag in n donker werled! Ons kies om ons voete uit te sit daar waar U ons roep om ons voete te plaas! Wat n voorreg dat U ons vertrou om U instrument te wees in n donker wereld Lig te bring, U wat Lig is. Skyn deur ons Here in oorvloed,in Jesus Naam. Amen.

No comments:

Post a Comment