Vii Pillars Ministry www.viipillars.co .za click here for website

Wednesday, July 27, 2011

Ons Is Almal Stof Wat Een Of Ander Tyd Die Grond Tref In Die Lewe!


Alle regte voorbehou Tania Bisset & Radio Tygerberg

WANNEER JY DIE GROND TREF IN DIE LEWE!

Psalm 40:1-3

Dawid het geval! Ek kan nie help maar sal altyd wonder was dit n tyd van geestelike droogte in sy lewe, was dit n fisiese toets of was dit n oorweldigende omstandigheid...wat dit ookal was: die situasie het n goddelike man grond toe gevat en hom laat uitroep na God!

Weet dit vandag: Om God Jesus Heilige Gees lief  te he beteken nie jy is gevrywaar van moeilike omstandighede, teleurstellende toetse, glo my dit kom na almal van ons, nie een mens is gevrywaar hiervan nie! Die punt is hier, Dawid het geval. Wel, ek en jy het geval, elkeen wat hier luister en op die aarde loop het een of ander tyd geval! Ons weet elkeen presies hoe dit voel!

My en jou doel is om te leer van Dawid se pad na herstel. Ons kan leer rondom sy liefde vir God. Hy wys my en jou waarheen om te gaan, hoe om by God te kom wanneer ons onsself in moedeloos hopeloosheid en radeloosheid bevind!

Ek het vinnig opgesom, hy het deur 6 fases gegaan, kom ons volg hom gou in die Woordspoor ...kom ek en jy volg ook die pad wanneer ons in die potholes van die lewe val, gesig in die grond!

Fase 1: Dawid bevind homself in die modder
Fase 2: Dawid roep uit en vra hulp by God.
Fase 3: Dawid wag vir die Here.
Fase 4: God het Dawid na veiligheid uitgelig
Fase 5: God het Dawid n nuwe lied gegee.
Fase 6: Ander het God vertrou toe hulle die patroon sien en volg van Dawid se lewe!

Ek en jy kan uitroep na God in tye van nood nes Dawid, daar in die modder put sy pothole, is dit jy vandag? Roep uit na God! Wag vol van geloof hoop in liefde op die Here.

Wanneer God in Sy eie tyd (nie my en jou tyd) kom en jou na veiligheid uitlig is dit tyd om n nuwe lied tot Sy eer te begin sing!  N Lofsang vir Sy voorsiening!
Ander sal sien hoe jy die Here loof jou lewe wat n loflied is en hulle sal uit hulle put uit uitroep op Die Naam bo elke naam: JESUS JESUS JESUS.

Wat n kosbare les vir ons almal om by te leer mag dit jou inspireer om vandag uit die modder put van jou lewe uit te roep na God!

Kom ons bid saam

“Ons vader, die put pothole is diep en rugged, dis donker, die modder is dik, dis swaar...dis sooooooooooo donker, so alleen, O Here Jesus skyn U lig hier in die put, in die pothole, lig ons uit die put na veilige bodem sodat ons n nuwe lied vir U kan begin sing want U is ons Redder en Bevryder. Laat ons lig in duisternis in die put ander lei om na U uit te roep ook uit hul putte in Jesus Naam. Amen.”

Lief julle in Hom!
Tania Bisset xxx

No comments:

Post a Comment